Rugby: All Blacks se Tu’ungafasi dalk uit Franse toetsreeks April 2, 2025

‘n Nekbesering kan dalk die stut Ofa Tu’ungafasi uit die All Blacks se toetsreeks teen Frankryk hou. Hy sal ‘n operasie ondergaan en sal nie die res van die Super Rugby-seisoen vir die Blues beskikbaar wees nie. Die sukkelende verdedigende kampioen is tans tweede-laaste op die rangleer met slegs een oorwinning uit ses wedstryde. Die All Blacks speel op vyf Julie teen Frankryk in Dunedin, met die tweede toets in Wellington ‘n week later. Die laaste toets vind op 19 Julie in Hamilton plaas.