Olimpiese atleet weier om Brittanje te verteenwoordig oor koste April 2, 2025

Padwedlope: Die Olimpiese langafstandatleet, Ben O’Connor, gaan nie dié maand vir Brittanje deelneem aan die Europese kampioenskap nie omdat daar van atlete verwag word om hulle eie reis-, verblyf-, kos- en toerustingonkoste te dek. Dit kan meer as 26 000 rand beloop. O’Connor is gekies om in Leuven, België, aan die halfmarathon deel te neem. Hy sê Engeland Atletiek het aangebied om sy onkoste te betaal en hoewel hy dankbaar is daarvoor, voel hy verteenwoordiging moet nie afhang of ‘n atleet daarvoor kan betaal of nie.