Avis se sluise môre oopgemaak April 2, 2025
Die Windhoekse munisipaliteit gaan môreoggend om 10:00 die sluise van die Avisdam trek en begin om beheerd water uit te laat, het Kosmos 94.1 Nuus bevestig. Volgens inligting is daar geen gevaar vir die dam se struktuur nie. Die sluise word bloot oopgemaak om spasie te skep vir toekomstige vloede wat dalk mag afkom. Die munisipaliteit se nooddienste sal die rivier en alle padkruisings monitor en beheer.