‘A Minecraft Movie’ met Jack Black vrygestelApril 2, 2025

Met topakteurs en ‘n reusebegroting, hoop “A Minecraft Movie” wat hierdie week vrygestel word, om in die voetspore te volg van Super Mario Bros deur ‘n rekenaarspeletjie in ‘n wêreld fliekfenomeen te verander. Kritici wat beperkte toegang tot die fliek gehad het voor vandag se teatervrystelling, met die wêreldpremière Sondag in London, is gevra om hulle resensies terug te hou. Jack Black wat ook in die Super Mario fliek was, verskyn saam met Jason Momoa, Emma Myers, Jennifer Coolidge, Jermaine Clement en Matt Berry.