Zimbabwe slaan betogers in boeieApril 1, 2025
Die Zimbabwiese polisie sê hulle het 95 mense in hegtenis geneem vir die aanhitsing van openbare geweld na ‘n betoging om president Emmerson Mnangagwa uit die kussings te lig. Die groep het in die hof verskyn ná gister se versetoptrede wat gereël is deur ‘n veteraan wat eens deel was van Mnangagwa se party, ZANU-PF. Die 95 was tussen 200 mense wat saamgedrom het op Vryheidsplein in Harare, die polisie met klippe bestook en ‘n hoofroete tydelik versper het terwyl hulle slagspreuke gedreunsang het. Kosmos 94.1 Nuus het met Setfree Mafukidze, ’n kommentator van die Health Factor in Zimbabwe, gepraat: