Namibië se buitelandse reserwes steeds gesond April 1, 2025
Namibië se buitelandse reserwes aan die einde van Februarie vanjaar het bykans 64,5 miljard Namibiese dollar beloop – amper 117 miljoen dollar méér as die vorige maand, toon die jongste data van die Bank van Namibië. Februarie se syfer beteken Namibië het genoeg buitelandse valuta gehad om vir 4,2 maande se invoere te betaal. Die internasionale maatstaf is ‘n minimum van drie maande. Voldoende buitelandse valuta is noodsaaklik om die koppeling van die Namibiese dollar aan die Suid-Afrikaanse rand te handhaaf.