Windhoek-Munich-roete begin môre March 31, 2025

Discover Airlines, deel van die Lufthansa-groep, begin môre met hul direkte vlugte tussen Windhoek en Munich in Duitsland. Airbus A330-vliegtuie word op dié roete ingespan, wat drie keer per week geskied. Die vlugte duur nege-en-’n-half uur en passasiers kan kies uit ekonomiese-, premium ekonomiese en besigheidsklas.