WGO moet vyfde van begroting sny na Trump onttrekMarch 30, 2025

Die Wêreldgesondheidsorganisasie sal ‘n vyfde van sy begroting sny na die VSA sy befondsing onttrek het. Volgens nussagentskappe moet die WGO ook sy reikwydte en arbeidsmag verminder. Die WGO staar ‘n inkomstegaping van byna 600 miljoen Amerikaanse dollar vanjaar in die gesig. In ‘n epos deur die hoof Tedros Adhanom Ghebreyesus, erken hy die impak daarvan, gekoppel met die besnoeiing van USAid befondsing maar sê daar is geen keuse nie. Die Verenigde State was verreweg die WGO se grootste skenker.