Krokodil van kant gemaak na hy man byt wat hom tergMarch 30, 2025
‘n Krokodil is van kant gemaak na hy ‘n man, blykbaar ‘n sekuriteitswag van NamWater in Epalela in die Onesi-kiesafdeling in Omusati, op die arm gebyt het. Maar, die man het saam met sy vriende, die dier geterg, aan sy stert geruk en selfs probeer om op hom te sit. Die man is nie ernstig beseer nie. In nog ‘n voorval, ook in Omusati, die keer by die Olushandjadam, is nog ‘n krokodil van kant gemaak na ‘n taxi per abuis oor die dier gery het. Die gebied se iishanas is baie vol met efundja wat die streek bereik het.