Angola werk aan waardetoevoeging vir landbouMarch 30, 2025

Die Angolese president João Lourenço sê sy regering werk hard nie net om landbouproduksie te verbeter nie, maar ook waardetoevoeging. Hy sê landbou het oor die algemeen in die land verbeter maar, die invoer van gewasse soos aartappels en uie moet end kry. Volgens hom moet beleid geskep word wat dit moontlik maak om landbou produkte te omskep na gereed-om-te-eet produkte. Namibië sukkel met soortgelyke uitdagings, gekoppel met akkerbou-invoere omdat plaaslike produksie nie kan voorsien nie.