ACSA sal firma aanstel om verkryging te ondersoekMarch 30, 2025
Die raad van die Lughawensmaatskappy van Suid-Afrika sê hy gaan ‘n onafhanklike firma aanstel en gaan ook die ouditeur-generaal vra om bewerings van onreëlmatighede met verkryging te ondersoek. Die maatskappy sê dit volg op berigte dat onreëlmatighede moontlik voorgekom het in die aanstelling van onafhanklike bod-evalueerders en bykomende hulpbronne om ACSA se departement van verkrygingskettingsbestuur te ondersteun.