Stormers gepootjie deur UlsterMarch 29, 2025
Ulster het die Stormers gepootjie onderweg na die uitspeelronde van vanjaar se Verenigde Rugby-kampioenskap toe hulle die Kapenaars in Belfast met 38-34 geklop het. Die Stormers het in die tweede helfte met 14 manne alles in die stryd gewerp nadat hul kaptein, Neethling Fouche, ‘n rooi kaart ontvang het vir ‘n gevaarlike duikslag. Die rustydtelling was 17-elk. Die Bulle – wat tans derde lê – speel vanmiddag teen Zebre, en die Haaie – tans vierde – pak die voorlopers, Leinster, vanaand.