Hooggeregshof sê Maandag oor Florin se paroolMarch 29, 2025
Die hooggeregshof sal Maandag om tien sy uitspraak in die appèl van die sogenaamde Swakopmund Butcher, Thomas Florin lewer. Florin het sy vrou Monika, in Desember 1999 in Swakopmund vermoor. Toe hy die misdade gepleeg het, het Namibië se paroolwette gevangenes wat lewenslange vonnisse uitgedien het, toegelaat om na tien jaar om parool aansoek te doen. Nuwe wette wat ná sy vonnisoplegging aangeneem is, het egter paroolreëls verander. Ingevolge die Wet op Korrektiewe Diens moet lewenslange gevangenes nou minstens 25 jaar uitdien voordat hulle vir parool oorweeg kan word. Hy is onder die nuwe wet gevonnis.