Efundja is hier, Ruacana juigMarch 29, 2025

Baie van die iishanas in die Cuvelai-opvangsgebied ervaar sterk vloei as gevolg van aanhoudende reën. Die belangrikste iishanas in die Ohangwena, Omusati en Oshana-streke het tans uiters aktiewe vloei en die Namibiese Hidrologiese Diens sê vloedwaarskuwings en gebeurlikheidsplanne moet geaktiveer word. Intussen vloei die Kunene by Ruacana teen amper 1 070 kubiek per sekonde met die Okavango-rivier by Rundu op 6,04 meter. Die Zambezi-rivier by Katima Mulilo styg steeds en teken 4,48 meter aan, hoër as verlede jaar se 1,29 meter.