Mianmar, Thailand steier na skudding van 7,7March 28, 2025

Mianmar en Thailand steier na ‘n aardbewing van 7,7 op die Richterskaal vanoggend die gebiede getref het. Wolkekrabbers, kleiner geboue en brûe het ineen gestort. ‘n Noodtoestand is in beide lande afgekondig en tot dusver is drie sterfgevalle in Bangkok en vyf in Mianmar aangemeld maar, die syfer behoort te styg. Media in die lande berig oor ‘n wydverspreide gebied wat geraak word en op die oomblik haas nooddienste na verskeie tonele. Naskokke het begin bedaar en mense kan weer binnenshuis gaan.