Landbou moet die geld gebruik vir voedselsekerheidMarch 28, 2025

Reaksie word ontvang op die 2,6 miljard Namibiese dollar se toewysing vir landbou in die jongste begroting. Daar is gespesifiseerde toewysings soos verbeterde voedselstelsels, groenskemas en fase twee van die Neckartal-besproeiingsprojek. Die begroting vanjaar is veel groter as verlede jaar se 1,9 miljard dollar. Agribank se tegniese adviseur vir gewasse en pluimvee, Hanks Saisai het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.