KI meer doeltreffend om fetale abnormaliteite op te spoor – studieMarch 28, 2025

Kunsmatige intelligensie kan help om fetale abnormaliteite op swangerskapskanderings byna twee keer so vinnig as mense op te spoor, maar met dieselfde akkuraatheid. Dit is volgens die uitslae van ‘n Britse studie waaraan 78 swanger vroue en 58 sonografiste deelgeneem het. Die studie het gefokus op die bespeuring van hartprobleme met die 20-week skanderings, maar navorsers sê KI kan enige abnormaliteit soek. KI was ook meer betroubaar en 42-persent vinniger as mense met fetale metings, dus hoef sonografiste nie meer beelde te stop, meet en stoor tydens ‘n skandering nie.