Begroting: Fiskus bly kwesbaarMarch 28, 2025
Finansminister Ericah Shafudah se eerste nasionale begroting wat Donderdag in die parlement ter tafel gelê is, is ‘n koorddans tussen fiskale dissipline en groei, sê die gesoute ekonoom, dr. John Steytler. Die fiskus bly egter kwesbaar en net een misstap kan die hele proses ontwrig, waarsku hy.
Steytler het die 24,8 miljard Namibiese dollar verwelkom wat in 2025/26 vir onderwys, innovering, kuns en kultuur begroot is.