Vloei verbeter verder by RuacanaMarch 27, 2025

Die Kunene-rivier by Ruacana vloei uiters sterk en is tans op 815,4 kubieke meter per sekonde aangeteken, ‘n uitstekende uitkoms vir NamPower. Dit is baie hoër as verlede jaar se 360,3. Die Namibiese Hidrologiese Diens sê inwoners naby die Zambezi moet versigtig wees. By Katima is die rivier op 4,44 meter gemeet en by Chobe Water Villas op 5,63 meter. Die Okavango is op 5,88 meter by Rundu, hoër as verlede jaar se 5,34 meter. Blouputs in die benede Oranje is op 0,78 en Sendelingsdrif op 1,12 meter. Die iishanas in die Cuvelai word nou gemoniteer. Hardapdam is op 71,7 persent teen tien-uur Woensdagaand gemeet. Geen water sal uitgelaat word nie omdat vloei in die opvangsgebied skerp afgeneem het.