Opheffing van verbod op verkope van dagga, hemp produkte, verwelkomMarch 27, 2025

Die Wes-Kaapse LUR vir Landbou, Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme, Ivan Meyer, verwelkom die regering se besluit om die gepromulgeerde regulasies terug te trek wat ‘n verbod plaas op die verkoop van dagga- en hennep-produkte. Die regering het na ‘n vergadering tussen president Cyril Ramaphosa en die minister van Gesondheid, Aaron Motsoaledi, ingestem tot verdere beraadslagings met belanghebbendes en openbare deelname in die formulering van nuwe regulasies, wat gesondheidsgevare en werksgeleenthede beskerm. Meyer sê die regulasies het nie sin gemaak nie.