NNN: Namibiërs verwag konsekwente leierskap March 27, 2025

President Netumbo Nandi-Ndaitwah het onomwonde aan haar nuwe kabinet gesê dat dienslewering uiters belangrik is en dat hulle prestasie elke drie maande geëvalueer sal word. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die bestuurskenner dr. Marius Kudumo, wat sê wyle president Hage Geingob het ‘n soortgelyke inisiatief ingestel, maar die uitslae is nie bekend gemaak nie. Kudumo het die publiek se huidige verwagtinge uitgelig.