Amushelelo, Nauyoma weer in die hof March 27, 2025

Michael Amushelelo en Dimbulukeni Nauyoma se dagvaardiging van die ministerie van binnelandse sake kom vandag voor regter Doris Hans Kaumbi voor. Die twee vra die hof vir uitstel van die indiening van getuie-verklarings. Hulle dagvaar vir hulle aanhouding van 21 Maart tot 12 Oktober verlede jaar. Alle klagte is teen hulle laat vaar. Die twee sê hulle is uiters swak in die gevangenis behandel met Amushelelo wat aanvoer dat hy vir ‘n maand alleen aangehou is. Hy eis 6 miljoen Namibiese dollar in skadevergoeding en Nauyoma 4 miljoen dollar. Die saak word verdedig.