SA verloor 91 000 werksgeleenthedeMarch 26, 2025
Die algehele aantal werkende mense in Suid-Afrika het van Desember 2023 tot Desember verlede jaar met 91 000 afgeneem. Volgens die kwartaallikse indiensnemingstatistieke wat Statistieke SA gepubliseer het, het voltydse indiensneming met 26 000 afgeneem en deeltydse indiensneming met 65 000. Die direkteur van kwartaallikse indiensnemingstatistieke, Matlapane Masupye, sê die nuus vir die vierde kwartaal van verlede jaar was effens beter.