Finansiering van stedelike paaie onder die loepMarch 26, 2025
Die Namibië Vereniging van Plaaslike Owerheid-amptenare, Nalao, het sy oproep hernu vir meer finansiering om stedelike padinfrastruktuur te onderhou, met verwysing na onvoldoende finansiële steun en verergerende padtoestande weens swaar reën. Nalao-president Moses Matyayi bepleit ‘n hersiening van die befondsingsmodel en het ‘n minimum toekenning van 570 miljoen Namibiese dollar vir stedelike paaie voorgestel. Munisipaliteite soos Otjiwarongo en Walvisbaai sukkel reeds met beskadigde paaie, ondanks voortgesette herstelprojekte. Kosmos 94.1 Nuus het met Matyayi gesels.