Djokovic woeker in Miami March 26, 2025
ie sesmalige kampioen Novak Djokovic is vir die agtste keer deur na die kwarteindronde van die Miami Ope. Die Serwiër het die Italianer Lorenzo Musetti verslaan en kom nou teen die Amerikaner Sebastian Korda te staan. Korda het die Fransman Gael Monfils uitgeskakel. Die Italianer Matteo Berrettini en die Amerikaner Taylor Fritz is ook deur na die laaste agt. In die trekking vir vroue het die Italianer Jasmine Paolini die Pool Magda Linette verslaan om ‘n halfeindstryd met die wêreld se nommer een Aryna Sabalenka van Bulgarye te bewerkstellig.