Zuma kla oor (eie) vertragings, wil aanklagte laat terugtrekMarch 25, 2025
Oudpresident Jacob Zuma beskuldig die staat van vertragings met sy wapentransaksieverhoor, nie sy eie Stalingrad-vevolgingstrategie nie. Hy staan tereg op aanklagte van onder meer korrupsie, afpersing en bedrog. Zuma wil aansluit by die aansoek van sy medebeskuldigde, die Franse wapenmaatskappy Thales, wat vra alle aanklagte moet laat vaar word weens onredelike vertragings. Zuma sê as dit die staat se bedoeling was om gevolg te gee aan sy reg op ‘n spoedige verhoor, moes hy ‘n ander aanklaer aangestel het eerder as om op Billy Downer aan te dring.