Wes-Kaapse tronke ‘bevelsentrums vir bendegeweld’March 24, 2025

Die DA in die Wes-Kaap sê tronke in dié provinsie is nie veilige rehabilitasiesentrums nie, maar eerder bevelsentrums vir bendegeweld en afpersing. Die inspekterende regter vir gevangenisse, Edwin Cameron, het onlangs bevraagteken of die Regterlike Inspektoraat vir Korrektiewe Dienste genoeg doen om toestande in tronke te verander. Nicholas Gotsell van die DA sê die Departement van Korrektiewe Dienste se versuim om noodsaaklike befondsde poste te vul, laat die inrigtings met te min hulpbronne.