Vieslike saak van veediefstalMarch 24, 2025
Die polisie ondersoek ‘n saak van veediefstal ná agt dragtige koeie Saterdag op ‘n plaas in die Seeis-omgewing gesteel is. Die koeie se hakskeensenings is afgesny. Ses is geslag en die vleis verpak, vermoedelik om later opgelaai te word. Die vleis en twee gewonde koeie is gevind voordat die diewe kon terugkeer. Die totale waarde van die vee was 120 000 Namibiese dollar. Niemand is nog in verband met die voorval aangekeer nie en die polisie-ondersoek duur voort.