Ooste se damme begin water vatMarch 24, 2025
NamWater se jongste damverslag is uit, en die sentrale damme se gesamentlike watervoorrade staan op 77 persent. Swakoppoort loop steeds oor en Von Bach het 58,2 persent gemeet. Die Omatako het gestyg na 61,5 persent na inloop van 15,5 miljoen kubieke meter sedert verlede Maandag. In die Suide is Hardap op 63,9 percent, Neckartal op 88,3 persent en Naute op 55,8 persent. Die Oanob by Rehoboth het 56,8 persent gemeet. Die Ooste se damvlakke het ook gestyg, met totale waterbronne op 10,5 persent. Die Otjiverodam is 5,7 persent vol en die slikdam 12,9 persent. Die Tilda Viljoen wat verlede week dolleeg was is op na 11 persent en die Daan Viljoen het gestyg na 77,3 persent vanaf 9,1 persent verlede week. Die Olushandja in die Noorde is op 61,2 persent.