NamPol vind dagga van N$254 500 in SuideMarch 24, 2025
Die Namibiese polisie het groot sukses op Keetmanshoop behaal toe ‘n 28-jarige Namibiese man vasgetrek is op die Grunau-Keetmanshoop pad met dagga ter waarde van 254 500 Namibiese dollar. Hy het deur Noordoewer se grenspos gekom en sal na verwagting vandag in die hof op Keetmanshoop verskyn. Kleiner hoeveelhede dagga is ook op Mariental, Nkurenkuru en Rehoboth, waar Mandrax ook gevind is, oor die naweek gekonfiskeer.