Hersiende bankkoste sal huishoudings help: ekonoomMarch 24, 2025

Die Bank van Namibië en die finansministerie het ‘n gesamentlike komitee gevorm om hoë bankfooie te ondersoek onder die nuwe Wet op Bankinstellings. Die ondersoek sal onder andere plaaslike bankkoste met dié van ander lande vergelyk. Die doel is om maksimum fooie in te stel en billikheid in die bank- en nie-banksektore te verseker, wat verbruikers met duideliker regulasies sal bevoordeel. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die ekonoom Jason Kasuto.