Venezuela hervat repatriasievlugte van migrante uit VSAMarch 23, 2025
Venezuela het ‘n ooreenkoms bereik met Amerika om die repatriasievlugte van migrante te hervat. President Nicolas Maduro het die aankondiging Saterdag op televisie gemaak. Maduro het gesê die vlugte sal vandag hervat word, danksy die vasberadenheid van die regering. Hy voeg by die land sal vlugte hervat om steeds migrante te red en vry te laat uit tronke in die Verenigde State. Dit gebeur te midde van ‘n diplomatieke geskil tussen Amerika en Venezuela oor die onlangse deportasievlugte van migrante van Venezuela na El Salvador.