Usakos-familie deur rowers oorvalMarch 23, 2025
‘n Familie op Usakos is Vrydagaand deur drie rowers met onder meer ‘n panga oorval. Pieter van der Schyff en sy vrou Gertie, beide in hul sewentigs, was in hul slaapkamer toe die verdagtes by hul oop sitkamerdeur ingebars het. Die verdagtes het die Van der Schyffs vasgekeer van twee selfone en ‘n tablet beroof. Hul 47-jarige kleinseun, Pieter van der Schyff junior, is ‘n die aanval met ‘n panga op sy kop gekap. Een van die verdagtes is met ‘n stoel geslaan en al drie het weggehardloop. Van der Schyff junior is vir ‘n kopwond in die hospitaal behandel en dieselfde aand ontslaan. Die polisie-ondersoek duur voort.