Krieket: Namibië se Eagles kap Kanada flouMarch 23, 2025

Namibië se Richelieu Eagles het Kanada Saterdag met tien paaltjies in Windhoek in hul vierde wedstryd in die T20-internasionale toernooi geklop. Namibië het 42 lopies vir geen verlies in 2.4 boulbeurte aangeteken. Kanada het 42 lopies vir die verlies van 7 paaltjies in 13 boulbeurte behaal. Die wedstryd moes weens reën gestop word. JJ Smit was die Speler van die Wedstryd. Kanada se toer na Namibië sluit vandag met die finale wedstryd by Namibië se nuwe nasionale krieketveld in Windhoek af. Die wedstryd begin 14:00.