Hardapdam 62% vol, invloei daalMarch 23, 2025
Die Hardapdam was vanoggend teen ses-uur net meer as 62 persent vol vergeleke met sowat 53 persent Saterdagoggend. Die gemiddelde invloei in die dam was 204 kubieke meter per sekonde, wat egter heelwat laer as gister is. Die weerdiens voorspel steeds donderstorms vandag in die Kunene-, Erongo-, Khomas- en Hardap-streke. Intussen het NamWater gesê die watervlakke van die Kuiseb styg vinnig en dat dié rivier uiters gevaarlik is. Die publiek moet dit vermy, het NamWater gewaarsku.