Grand Prix: McLaren-span maak skoonskipMarch 23, 2025

Oscar Piastri en sy spanmaat Lando Norris het vir McLaren eerste en tweede geëindig in vanoggend se Chinese Grand Prix in Shanghai, voor George Russell se Mercedes. Piastri se kalm, beheerste oorwinning volg na Norris se indrukwekkende triomf verlede naweek in ‘n nat Melbourne. Die Australiër het voor weggespring en was net ‘n rukkie lank tweede toe die voorlopers die kuipe moes besoek. Piastri was selde meer as vier sekondes voor Norris, maar altyd in beheer.