Boks: Tysen bring hulde aan wyle ForemanMarch 23, 2025
Die voormalige wêreldswaargewigkampioen George Foreman is na sy dood op 76 beskryf as ‘n ware vegter en legende. Die Amerikaner Mike Tyson sê sy landgenoot se bydrae tot die sport sal nooit vergeet word nie. Foreman het in 1974 teen Muhammed Ali verloor in ‘n wêreldtitelgeveg in die destydse Demokratiese Republiek die Kongo, bekend as die Rumble in the Jungle. Hy het na sy uittrede in 1997 ‘n selfs groter fortuin gemaak deur sy naam te koppel aan ‘n elektriese braaier waarvan meer as 100-miljoen eenhede verkoop is.