SA sal nie vou onder druk nie, sê MashatileMarch 22, 2025
Adjunkpresident Paul Mashatile sê Suid-Afrika sal nie sy eie beleid verontagsaam weens eksterne druk nie. Hy het ‘n Menseregtedagviering in Kariega in die Oos-Kaap toegespreek. Mashatile onderneem die land sal hom hou by sy eie beleid gemik op die herstel van geskiedkundige ongeregtighede, en sê die regering glo hy het die regte pad gekies om ‘n billike gemeenskap daar te stel. Hy sê die Amerikaanse president, Donald Trump, se opskorting van bystand aan ander lande bewys hoe dringend dit is dat Suid-Afrika ‘n lewenskragtige, selfversorgende gesondheidsorgstelsel moet bou.