Bokslegende George Forman sterfMarch 22, 2025

Die tweemalige wêreldswaargewigbokskampioen George Forman is in die ouderdom van 76 oorlede. Sy familie het die nuus op Instagram bekendgemaak. Die Amerikaner het in 1974 ‘n beroemde botsing teen sy landgenoot Muhammed Ali verloor in ‘n wêreldtitelgeveg in Kinshasa in wat nou die Demokratiese Republiek die Kongo is en bekendgestaan het as die “Rumble in the Jungle”. Hy het 76 van sy 81 beroepsgevegte gewen. Forman het later wêreldwyd bekend geword vir sy gewilde reeks elektriese braaiers. Hy was vyf keer getroud en het twaalf kinders.