Atletiek: SA se Simbine kry brons in ChinaMarch 22, 2025

Suid-Afrika se Olimpiese silwermedaljewenner, Akani Simbine, het die bronsmedalje ingepalm in die 60-meter vir mans op die wêreld-binnenshuise kampioenskap in Nanjing, China. Hy het in die halfeindronde sy persoonlike beste tyd van 6,53-sekondes behaal en in die eindstryd derde geëindig in 6,54, na Jeremiah Azu van Brittanje en die Australiër Lachlan Kennedy. Dit is Suid-Afrika se eerste binnenshuise medalje sedert 2018. Simbine was deel van die land se vier-maal-100-meter aflosspan wat verlede jaar silwer verower het op die Olimpiese Spele in Parys.