Rusland, VSA praat weer Maandag oor OekraïneMarch 21, 2025

Russiese en Amerikaanse amptenare sal Maandag in Saoedi-Arabië samesprekings voer oor Oekraïne. Die Amerikaanse president, Donald Trump, het hierdie week met sy Russiese ampsgenoot, Vladimir Putin, en die Oekraïnse leier, Volodimir Zelensky, gepraat en die VSA sal in die komende dae ook samesprekings voer met Kiëf. Putin se woordvoerder, Yuri Ushakov, sê die afvaardigings moet samesprekings voer oor die Swart See waaroor Putin en Trump gepraat het.