NNN het ‘meer gebalanseerde ekonomiese benadering’March 21, 2025
Die verrigtinge vir die inswering van Netumbo Nandi-Ndaitwah as Namibië se vyfde president en die eerste vrou in die amp, is aan die gang by Staatshuis. Die presidensiële woordvoerder, Alfredo Hengari, het vroeër gesê sy is gretig om die ekonomie oor ‘n aantal sektore heen te diversifiseer. Hengari het in ‘n onderhoud met Desert FM gesê sy is nie net geïnteresseerd in groenwaterstof nie. Die regerende Swapo het ook nie groenwaterstof as ‘n prioriteit in sy beleidsplan gelys nie. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die arbeidskenner Herbert Jauch, wat sê die opwinding rondom groenwaterstof is besig om te taan.
Jauch sê Nandi-Ndaitwah blyk om ‘n meer gebalanseerde benadering te hê.