Menseregte nooit aan alle Suid-Afrikaners toegeken: MadonselaMarch 21, 2025

Stellenbosch Universiteitprofessor Thuli Madonsela sê dat al die menseregte wat in die Suid-Afrikaanse Handves van Menseregte, Hoofstuk 2 van die Grondwet, vervat is, nooit aan alle Suid-Afrikaners toegeken is nie. Madonsela sê die geskiedenis van Menseregtedag is gegrond op die Sharpeville-slagting wat op 21 Maart 1960 in Gauteng plaasgevind het, waar die apartheid-polisie 69 anti-apartheidbetogers doodgeskiet het.