Genadewater stroom sentrale damme binneMarch 21, 2025
Die jongste stand van die sentrale damme is in, en genadewater het ingestroom. Die Von Bach is op 53,1 persent gemeet na die swaar reën die week, en Swakoppoort staan tans op 81,5 persent. Die Omatako is 29 persent vol en die Oanob by Rehoboth het gestyg na 48,6 persent. Dit is ‘n merkwaardige hoeveelheid water wat ingevloei het en meer word verwag, met swaar reën wat vir die volgende paar dae voorspel is.