SA Reserwebank hou terugkoopkoers op 7,5%March 20, 2025

Die Reserwebank se monetêre beleidskomitee het besluit om die terugkoopkoers onveranderd te hou op 7,5-persent. Dit beteken handelsbanke se prima-uitleenkoers bly 11-persent. Die president van die Reserwebank, Lesetja Kganyago, het op ‘n nuuskonferensie gesê die besluit volg weens ekonomiese onsekerheid en inflasierisiko’s. Hy sê hoewel inflasie binne die teiken bly, hou internasionale en plaaslike uitdagings steeds bestendigheidsrisiko’s in.