Riviere vloei, damme neem mooi water inMarch 20, 2025

Terwyl NamWater nog sy amptelike lesings moet deurstuur is die lesings wat vroegoggend geneem is reeds bekend aan Kosmos 94.1 se nuuskantoor. Von Bach het teen vanoggend op 46,7 persent gestaan na 93mm reën ontvang is. Twee riviere loop steeds in die dam in. Swakoppoort is op 43,5 persent 55mm. Omatako is op 26,2 persent. Oanob by Rehoboth het gestyg tot 35,9 persent. In die Suide is daar nog baie water op pad na Hardap toe maar om tien vanoggend was die dam 33,4 persent vol. Op die oomblik is reuse vloei van 1 144 kubieke meter per sekonde aangeteken by die dam. Avisdam by die hoofstad neem ook op die oomblik water in.