Privaatsektor werk vanmiddagMarch 20, 2025
Die omsendskrywe, kwansuis van die kantoor van die eerste minister dat beide die privaat- en regeringsektor net tot vanmiddag 12-uur werk, is bevestig as fopnuus. Die staatsamptenare, wat almal onder die kantoor val, is af gegee maar die kantoor het nie gesag oor die privaatsektor nie, behalwe as dit in die staatskoerant gepubliseer is. Dus is net staatsamptenare vanaf 12-uur, af.