Pleidooi herhaal vir Potgieter, Huxam se vrylating March 20, 2025
Frik Potgieter en Peter Huxham se gesinne vra die regering om sy diplomatieke pogings te verskerp om die twee ingenieurs se vrylating uit onregmatige aanhouding in Ekwatoriaal-Guinee te verseker. Die pleidooi volg met Suid-Afrika wat Vrydag Menseregtedag herdenk. Ten spyte van die VN se beslissing in 2024 waarvolgens hulle aanhouding as onredelik bestempel is, bly hulle steeds agter tralies. Hul gesinne bepleit genade en beklemtoon Suid-Afrika se verbintenis tot menseregte. Hulle het bevestig byna 16 000 handtekeninge is gewerf in ‘n wêreldwye versoekskrif vir hul vrylating.