Headspring juig oor parlementêre verslagMarch 20, 2025
Headspring Investments juig na die bevindings van die parlementêre staande komitee dat uraaneksplorasie in die Stampriet-bekken by Leonardville moet voortduur. Dit kom ten spyte van die komitee wat bevind het die filiaal van die Russiese Uranium One, wel die bepalings van sy waterpermitte met boorgate oortree het. Die operasionele direkteur van Headspring, Aldo Hengari het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.