Hai//om San kry LAC bystandMarch 20, 2025

Die Regshulpsentrum het ‘n spesiale uitreikprogram vir die gemarginaliseerde Hai//om San-gemeenskap gehou. Die inisiatief het gekyk na die gemeenskap se regte, grond en sosioekonomiese status. Die sentrum se spanleier vir die uitreik Santos Joas het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.